Met gespanne spier 
loop ek deur die mis 
want om my sluip 'n dier 
onder wit duisternis; 
ek hoor hom knor en in oop mote 
waggel sy pilare-pote 
en sy kantelende rug metaal; 
op hoeke van die strate blink 
sy oë bloedbelope, 
en met sy hap sluit staal op staal.
Stad in die Mis
written byDiederik Johannes Opperman
© Diederik Johannes Opperman


 



