Aan 'n ou Boek

written by


« Reload image

Op die solder, waar die rotte
Hulle neste het gebou,
Waar die vlermuise en motte
Elke aand kommissie hou,
Het ek jou gevinde, ou maat,
en jou maters lê daar nou.

Voor ons voorgeslag gebore
Was, het mense jou gelees;
Monnik, ridder, lang tevore,
Was met jou al maats gewees,
En hul het hul siek gelag oor
al jou vuur en al jou gees.

Baie jare al gelede
Lê jy op die solder daar,
Rustig in jou rus, tevrede
Met jou lot, van jaar tot jaar.
Ou maat, waarom het die rotte vir
ons al jou gees gespaar?

© Christian Frederik Louis Leipoldt